Ds. Malan en Alet van Rhyn

Malan en Alet het mekaar op die Puk ontmoet waar Malan sy teologiese studies in 1985 voltooi het, en Alet haar BA Ed-graad in 1984 gehaal het.

In 1984 is hulle getroud. Nadat Malan sy tweejaardiensplig voltooi het, is hulle na hul eerste gemeente, Witpoortjie (Roodepoort). Daarna na Wilropark, waarna vyf jaar Thabazimbi gevolg het. Einde 2009 het Malan die roeping opgevolg na die Gereformeerde Kerk Pretoria-Noord en van 2010 af is hulle woonagtig in Pretoria.

Hulle het vyf kinders – drie eie en twee aangetroud.

Die verkondiging en uitdra van die Woord van die Here en die bediening van Sy liefde aan almal wat hulle teëkom, vorm die middelpunt van hulle bestaan. Alet is ook voltyds betrokke by die opleiding van christen-onderwysers by AROS.

Man en vrou is diereliefhebbers, baie lief vir lees, vir die buitelewe en ook vir reis.